Sport

#Voluitvirriebeeckrand

Riebeeckrand bied 15 sportsoorste vir hulle leerders om aan deel te neem. Ons beskik ook oor ‘n volledige, toegeruste gimnasium en ‘n gekwalifiseerde biokinetikus wat ons leerders en sportspanne kondisioneer.

Atletiek

Atletiek

Riebeeckrand bied 18 atletiekitems aan vir hulle leerders. Daar word ook afrigting in elke item gebied. Afrigters woon gereeld opknappingskursusse by.

Rugby

Rugby

Riebeeckrand beskik oor 2 rugbyvelde en het 8 rugbyspanne wat deur ons eie ervare en bekwame personeel en buite-afrigters afgerig word. Al ons afrigters is BokSmart-gesertifiseerd en het die nodige afrigtingskwalifikasies.  Twee van ons afrigters is op vlak 2-afrigting gekwalifiseerd. Ons sportbestuurder, mnr. Janco Tiedt, is die sekretaris van die Wesrand Rugbystreek en is ook deel van afrigtingsspan by Randfontein Rugbyklub. Ons het ook gereeld seuns wat in die Goue Leeus President/Akademiese Span opgeneem word.

Netbal

Netbal

Riebeeckrand beskik oor 7 netbalbane en spog met ‘n aantal van 10 netbalspanne. Daar is in 2016 splinternuwe netbalbane gebou naby die hokkie- en rugbyvelde. Dr. Elsje Jordaan, ‘n voormalige Protea netbalspeler en hulpafrigter van die Protea netbalspan, “Fireballs” en verskeie ander spanne, kom jaarliks om vir al ons netbaldogters ‘n leersame netbalkursus aan te bied. Ons het jaarliks dogters wat in die D2 en Gauteng netbalspan opgeneem word. Ons 1stes word ook gekondisioneer deur ‘n gekwalifiseerde biokinetikus, Twanette Thoms.

Dogtershokkie

Dogtershokkie

Riebeeckrand het 5 dogtershokkiespanne en beskik oor 2 hokkievelde. Riebeeckrand bied ook jaarliks ‘n Laerskole hokkietoernooi aan waar honderde laerskoolhokkiedogters en -seuns op Riebeeckrand se velde teen mekaar wedstryde speel en verfynde hokkietegnieke aanleer. Een van ons afrigters, me. Letsie Grobler, was al verskeie kere die afrigter van ‘n Suid-Gauteng-hokkiespan. Ons spog gereeld met dogters wat in die D2/D12 en Suid-Gauteng hokkiespan opgeneem word.

Seunshokkie

Seunshokkie

Riebeeckrand het een seunshokkiespan en beskik oor 2 hokkievelde. Een van ons afrigters, me. Letsie Grobler, was al verskeie kere die afrigter van ‘n Suid-Gauteng-hokkiespan. Ons spog gereeld met seuns wat in die D2/12 en Suid-Gauteng hokkiespan opgeneem word.

Seunskrieket

Seunskrieket

Riebeeckrand se 4 seunskrieketspanne is voorwaar vir ons ‘n trots. Ons kolfblad is van die hoogste gehalte, die krieketnette is opgeknap, en ons spelers kan nou hul kriekettegnieke in styl opskerp.

Dogterskrieket

Dogterskrieket

Riebeeckrand het in 2016 ‘n dogterskrieketspan begin. Sedert 2016 was daar al ‘n paar dogters wat in die Gauteng-Wes krieketspan en Central Gauteng  krieketoefengroep opgeneem is.

Boogskiet

Boogskiet

Hoërskool Riebeeckrand beskik oor hul eie boogskietbaan en ons skuts vaar uitstekend. Ons skuts word deur mnr. Frik Birkenstock en mnr. André Esterhuizen afgerig. Mnr. Birkenstock het Protea-kleure in afrigting en mnr. Esterhuizen is ‘n protea-speler. Ons het gereeld leerders wat in die Springbok boogskietspan opgeneem word.

Jukskei

Jukskei

Riebeeckrand se jukskei vaar uitstekend en ontvang topgehalte afrigting. Jaar na jaar word verskeie prestasies ingepalm. Ons spog jaarliks met leerders wat in die Gauteng-streekspanne opgeneem word asook met leerders wat in die SA en SA A-span opgeneem word.

Skaak

Skaak

Riebeeckrand se skaakleerders neem aktief aan kompetisies deel en verbeter jaarliks hul spel deur goeie afrigting en harde oefening. Sedert 2018 het ons jaarliks leerders wat in die D2-skaakspan opgeneem word.

Perdry

Perdry

Riebeeckrand skryf jaarliks ‘n span vir Gauteng perdry in. Leerders verteenwoordig jaarliks Riebeeckrand en Gauteng by die Nasionale Western Mounted Games.

Tennis

Tennis

Riebeeckrand was al verskeie kere die wenners  of naaswenners van die tennisliga. Leerders word ook gereeld in die Gauteng-Wes tennisspan opgeneem.

Gholf

Gholf

Riebeeckrand bied aan ons seuns en dogters die geleentheid om hul vaardighede op die gholfbaan ten toon te stel. Tydens Februarie en Maart neem die spanne deel aan ‘n kompetisie te Ruimsig waar 11 skole kompeteer. Dit sluit skole soos Monument, Noordheuwel, Randburg, Florida en vele ander skole in. Later in die jaar kry die leerders ook die geleentheid om aan die gholfliga deel te neem.

Landloop

Landloop

Riebeeckrand se landloopleerders neem jaarliks aan die D2-landloopliga deel en behaal uitstekende prestasies

Sokker

Sokker

Riebeeckrand het in 2019 sokker by hulle lys van sportsoorte gevoeg. Ons het 3 spanne, een junior-, een senior- en een dogterspan.