Kultuur

#Voluitvirriebeeckrand

Riebeeckrand het 13 kultuuraktiwiteite waaraan leerders kan deelneem – ‘n hele skatkis vol. Riebeeckrand val gereeld onder die Top 10 van die NEA en het ook leerders wat individueel plekke onder die Top 10 behaal. By RACA verower Riebeeckrand ook uitmuntende toekennings. Daar word jaarliks met onderskeie items gespog wat item, kategorie of medaljewenners by NEA en RACA is. Daar word ook jaarliks ambassadeurstoekennings ontvang deur verskeie kultuurgroepe.

Groentjiekonsert

Groentjiekonsert

Ons gr.8-leerders kry die geleentheid om aan die begin van hul hoërskoolloopbaan aan die groentjiekonsert deel te neem. Ons groentjiekonsert word deur die seniorraad afgerig en is jaar na jaar ‘n treffer.

Musiekblyspel

Musiekblyspel

Riebeeckrand bied elke 2de jaar ‘n musiekblyspel van hoë gehalte aan. Dit is vir elke leerder ‘n wonderlike geleentheid om hulle talente uit te leef. Die dansgroepe van die musiekblyspel kry ook die geleentheid om aan verdere kompetisies deel te neem soos die NEA, RACA en Roodepoort Dance Festival. Die jare waar daar nie ‘n musiekblyspel aangebied word nie, bied ons ‘n kultuurweek aan waartydens al ons kultuuritems geleentheid kry om op te tree.

Public Speaking

(Groepe & Individueel)

Public Speaking

Riebeeckrand se leerders word die geleentheid gegee om ook in Engels Huistaal te kompeteer. Leerders kan individueel deelneem of in spanne. Elke graad het ‘n span of twee vir dié leerders wat in groepsverband wil deelneem. Individue en groepe neem aan die Radikale Redenaarskompetisie, NEA en RACA deel. ‘n Interne Public Speaking kompetisie word ook jaarliks vir die juniors en seniors aangebied.

Redenaars

(Groepe & Individueel)

Redenaars

Riebeeckrand het reeds 6 keer ‘n leerder gehad wat na die Landswye finaal van die ATKV-redenaars deurgedring het waarvan dié leerders vier onderskeie kere onder die Top 10 geëindig het.

Ons redenaarspanne vaar ook uitstekend en neem aan die Radikale Redenaarskompetisie, RACA en NEA deel. ‘n  Interne Redenaarskompetisie word ook jaarliks vir die juniors en seniors aangebied.

Pom-poms

Pom-poms

Sedert 2008 tree ons pom-poms gereeld in die staatsteater op. Hierdie leerders is voorwaar goeie ambassadeurs vir ons skool. Ons pom-poms vaar ook jaarliks uitstekend by die NEA, RACA en Roodepoort Dance Festival. Ons pom-poms het al ‘n 1ste plek by die Roodepoort Dance Festival behaal en hulle was ook al as die wenners van die Clash of the Titans kompetisie asook die Randfontein Skou.

Drama

Drama

Riebeeckrand het reeds vanaf 2005 junior en senior dramagroepe wat uitstekend vaar. Ons dramagroepe neem by RACA en die NEA deel.

Toneel

Toneel

Riebeeckrand het sedert 2014 hoë hoogtes met hul toneelgroepe bereik. Ons personeellede wat die onderskeie groepe afrig, het jare se ervaring. Een van ons afrigters, me. Annelize Erasmus, het aan die Universiteit van die Vrystaat haar BA Drama en Teaterkuns Graad voltooi, asook haar honneursgraad in lewendige optredes by AFDA. Ons toneelgroepe neem by RACA, die NEA en by Op Die Planke Toneelfees deel.

Spreekkoor

Spreekkoor

Riebeeckrand se spreekkoor het in 2018 weer vlamgevat. Ons spreekkoor bestaan uit 29 lede en neem aan verskeie kompetisie deel.

HRD-Crew

HRD-Crew

Alhoewel die HRD-Crew ‘n nuutgevormde hip-hop dansgroep is, wat in 2018 begin is, het hulle reeds verskeie toekennings ingepalm.

Musiek "Band"

Musiek "Band"

Riebeeckrand het in 2022 ‘n musiek “band” begin genaamd “Die Anker”. Hulle bestaan uit 8 lede en speel ligte musiek. Die groep het soliste, kitaarspelers (elektries, bas en akoesties), ‘n klawerbordspeler, tromspeler en ‘n ukelele-speler.

Sanggroep

Sanggroep

Riebeeckrand het ‘n sanggroep op die been gebring wat uit 29 leerders bestaan. Dié talentvolle groep sing ligte musiek, a capella en met begeleiding.