Akademie

#Voluitvirriebeeckrand

Akademie is die hoogste prioriteit by Riebeeckrand. Leerders ontvang topgehalte onderrig en akademiese struikelblokke word oorkom deur ekstra klasse wat gratis aangebied word en tegnologiese toerusting soos visualiseerders, dataprojektors en interaktiewe witborde wat die onderrig-leerproses vergemaklik.

Riebeeckrand het ‘n aktiewe mediasentrum met gratis lidmaatskap waar leerders naslaanwerk kan bekom, boeke uitneem, inligting vir take versamel en vele meer. Fotostate en drukwerk word ook gedoen teen minimale fooie.

Vakke

Vakke Gr. 8 - 9
  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Lewensoriëntering
  • Natuurwetenskappe
  • Skeppende Kunste
  • Sosiale Wetenskappe
  • Tegnologie
Vakke Gr. 10 - 12

Graad 10 – 12 leerders neem 7 vakke wat bestaan uit 4 verpligte vakke en 3 keusevakke. Leerders en ouers kies watter 3 keusevakke die leerder wil neem. Leerders mag ook meer vakke as die toegelate minimum neem.

Verpligte vakke
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering

Keusevakke
Besigheidstudies
Dramatiese Kunste
Ekonomie
Fisiese Wetenskappe
Geografie
Ingenieursgrafika en Ontwerp
Inligtingstegnologie
Landbouwetenskappe
Lewenswetenskappe
Rekenaartoepassingstegnologie
Rekeningkunde
Verbruikerstudies
Visuele Kunste
Toerisme

Die keusevakke leen elke leerder daartoe om vir enige studierigting en werksgeleentheid aansoek te doen. Graadstudietoelating is hoog op Riebeeckrand se prioriteitslys.

Vakkeuses Gr. 10 - 12

Top 10 

Mediasentrum

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots om te sê dat ons nog ‘n werkende en aktiewe mediasentrum het.  Ons leerders geniet dit om boeke uit te neem om in hul vrye tyd te lees. Ons mediasentrum bied ook verskeie ander dienste aan ons leerders, onder andere die soek van inligting vir take en die druk van dokumente.