Presteerders

#Voluitvirriebeeckrand

Ons top Presteerders

Ruiterkuns

Baie geluk aan Caitlin Joubert (graad 10) wat Gauteng A-span gehaal met haar ruiterkuns. Sy en ‘Prince’ het stof opgeskop en al hulle harde werk word goed beloon. Die SA Kampioenskappe sal in Augustus plaasvind. 

Netbal

Ons wil graag vir Kopano Mzondi (0/16) sterkte toewens vir hierdie week waar sy Gauteng gaan verteenwoordig by die Nasionale netbal kampioenskappe (25 – 28 Junie) by Hoërskool Dr EG Jansen.

Rugby

Baie geluk aan ons 0/16-rugbyspan wat gekroon is as die Noordvaal (Afdeling 3) kampioene! Ons is geweldig trots op ons seuns asook hulle twee afrigters, mnr. Franco Tiedt & mnr. Kobus Erasmus. 

Kultuur

Baie geluk

aan die volgende leerders wat die volgende plekke behaal het tydens die AKTV-Redenaars se semifinale rondte. Hulle vorm deel van die Top 10.

Armand Martins – 3de plek
Junior Khumalo – 3de plek
Rick van den Berg – 3de plek
Carlo Jacobs – 6de plek

Dans

Riebeeckrand het twee leerders wat deurgedring het na die ‘Dance Star World Masters’ toe wat in Kroasië tussen 13 – 23 Mei plaasgevind het. Thakgalo Sello (graad 9) & Rianell Bezuidenhout (graad 8) het ons land trots verteenwoordig.
Thakgalo het sewende geplaas uit 25 ander dansers in sy ouderdomsgroep en sy groep het algeheel twaalfde plek gehaal. Rianell het Suid-Afrika met haar solo verteenwoordig in die ‘Junior Urban Dance Style’ kompetisie. Sy het dus haar afdeling gewen en is gekroon as die Junior Solo Wêreld Kampioen.