Rugby
Ons het 5 rugbyspanne wat deur ons eie personeel en buite-afrigters afgerig word. Ons het ook jaarliks 2 spanne wat aan die Coke-rugbyreeks deelneem vir verdere ontwikkeling en ervaring.

1ste-rugbyspan 2019

1ste rugbyspan
Tiaan Barnard, Xander Barnard, Jaco Botes, Zandre de Beer, Keagen Graham, Keaton Lensley, Charl Meyer (Kaptein), Luke Myburgh, Dries Nel, J.P. Nel, Henry Paine, Erik Potgieter, Christo van Emmenis, Wian Wray en Sebastian Zinn.

Afrigters: Mnr. Janco Tiedt en Mnr. Bennie Beyleveld.
Organiseerder: Mnr. Johan Tiedt.
Riebeeckrand se 1ste-rugbyspan word met trots geborg deur Mapogo A Mathamaga Randfontein.

Mapogo

2019 Prestasies
Tiaan Barnard, JP Nel en Luke Myburg is in die 0/18-Goue Leeus Akademie XV span opgeneem.

Goue Leeus Rugby 2019 2

4 van ons rugbyseuns, Wian Wray, Keaton Lensley, Charl Meyer en Keagen Graham, is in 'n toerspan opgeneem. Die seuns gaan later vanjaar saam hul toerspan na Italië toer.

Toerspan 2019

2018 prestasies
Riebeeckrand het Saterdag, 14 Junie, teen Leeuwenhof Akademie in die finaal gespeel en die spanningvolle wedstryd met ‘n telling van 34-29 gewen. Ons is 1stes is as die ligawenners gekroon!

Ligawenners web 2018

Die 1stes en die o/16’s het in die Virseker Beker kompetisie gespeel.

2017 prestasies
Gerhard Booysen (0/16) en Reck Mare (0/18) is in die Goue Leeus President Span opgeneem.

Francois Beyleveld, Luke Myburgh en Christo van Emminis is in die 0/17-Bastion Rugbyreeks span opgeneem.

2016 prestasies
Drie spelers, Martin Jacobs, Pieter van Heerden en Reck Maré is in die Goue Leeus President XV-span opgeneem.

Theo Potgieter, Gerhard Voster en Reck Maré is in die 018 A-Clover Rugbyspan opgeneem.

clover rugby 2016

Bradley Gorden is in 2016 in die Mauritz Hansen XV-toerspan ingesluit.

bradley rugby 2016

Die seniorrugbyspan eindig 3de in die Clover rugbyreeks.

2015 prestasies
Reck Mare (gr.10) en Martin Jabobs (gr.11) is in die algehele Coke-span opgeneem. Die twee seuns het saam met die Coke-rugbyspan na Durban getoer gedurende die naweek van 11 September.

Cokerugby 2015 span

Keedan Laubscher en Kyle Storm is in die 0/15-IPT Lions span opgeneem.