Jukskei
Riebeeckrand se jukskei vaar uitstekend en ontvang topgehalte afrigting.
2019 Prestasies
10 Riebeeckranders is deel van die Wesrand jukskeispan. Die leerders is: Marianca Masser, Tiaan Wilken, Carli du Toit, Louis Grindlingh, Q’hanri Nel, Jessica Mans en Q’raine Nel, Marcel Olivier, Rualdt Pieterse en Mardo Pieterse.
Vier Riebeeckranders, Marianca Masseer, Q’hanri Nel, Tiaan Wilken en Louis Grundlingh, is in Gauteng-streekspanne opgeneem waarvan Louis Grundlingh kaptein van sy span was.
Q’hanri Nel en Tiaan Wilken het verder deurgedring en elkeen is onderskeidelik in ‘n SA A-span opgeneem. Tiaan was die kaptein van die 0/19 SA A-span en hul is ook aan die einde van die kampioenskappe as die wenners van die land aangewys.
2018 Prestasies
Marianca Masser, ‘n gr.10-leerder, is deel van die 0/16 Springbok Jukskeispan.
Ju-hanie Wilken (gr.12) en Tiaan Wilken (gr.10) is in die 0/30-Wesrandspan opgeneem.
2017 Prestasies
Sewe Riebeeckranders is in die Wesrand Jukskeispan opgeneem. Tiaan Wilken, Marianca Masser, Rozelle Masser, Bernadine v.d. Merwe, Ju-hanie Wilken, Chanelle Mans en Simone v.d. Merwe.
Ons 0/19-jukskeidogters eindig 3de by die Direkteurstoernooi. Ju-hanie Wilken is aangewys as die 0/19 uitblinker.
Ons 0/19-dogters jukskeispan het ‘n silwer medalje verower tydens die SA kampioenskappe en eindig 2de in die land. Janeske Venter, Ju-hanie Wilken en Marianca Masser het met die goue medalje weggestap in die trips-afdeling en is as die beste trips span in Suid-Afrika aangewys.
Ons 0/19-dogters het tydens die Wesrand jukskeiproewe ‘n 1ste plek behaal en deurgedring na die Gauteng jukskeiproewe. Die vyf dogters, Bernadine v.d. Merwe, Rozelle Masser, Ju-hanie Wilken, Marianca Masser en Janeske Venter, maak ‘n gedugte 0/19-dogters jukskeispan. Op 27 Mei 2017 het dié dogters aan die Gauteng jukskeiproewe deelgeneem en as die wenners weggestap. Hulle is aangewys as die Gauteng Skolespan wat later vanjaar aan die SA Jukskeikampioenskappe gaan deelneem.
2016 Prestasies
Riebeeckrand spog met die beste Jukskei dogtersspan in Suid-Afrika vir 2016. 5 van ons dogters is in 2016 gekies vir die 0/19 Gauteng-span. Hulle het deel geneem aan die S.A. Skole Kampioenskappe en as wenners uit die stryd getree.
Marna Bronkhorst en Ju-hanie Wilken het aan die SA Senior Jukskeikampioenskappe deelgeneem. Die twee dogters maak deel uit van die 0/30-gemengde span wat ‘n 3de plek tydens die kampioenskappe behaal het. Ju-hanie het ook by die dubbels vir vroue 0/30, ‘n 3de plek behaal.
Die 0/19-dogters het as die wenner van die SA Skole Jukskeiliga weggestap en die 0/19-seuns het 2de geëindig. Die deelnemende skole was Hoërskool Riebeeckrand, Hoërskool Jan Viljoen, Hoërskool Monument, Hoërskool Bastion en Randfontein High School.