Hokkie
Riebeeckrand het een seunshokkiespan en 5 dogtershokkiespanne. Ons doelwagters word deur mnr. Craig Polock, ‘n voormalige Suid-Afrikaanse sokkerspeler afgerig.

Riebeeckrand bied ook jaarliks ‘n Laerskole hokkietoernooi aan waar honderde laerskoolhokkiedogters op Riebeeckrand se velde teen mekaar wedstryde speel en verfynde hokkietegnieke aanleer.

1ste-dogtershokkiespan 2019
Annamarie Bekker, Veronice-Lee Bloem, Shamonay Clarke, Leruchka de Villiers, Amoné Erasmus, Rochelle Farinna, Ilse Laubscher, Esmarelda Peyper, Lee-Ona Pretorius, Carlé Thysse, Vicka van den Berg, Bernadine van der Merwe, Bianca van Staden, Sunica van Wyk en Yolandi Vermeulen.

Afrigter: Mnr. Mario du Plessis.
Organiseerder: Me. Letsie Grobler.
Riebeeckrand se 1ste-dogtershokkiespan word met trots geborg deur Body Lean – TLC Randgate Apteek.

Body Lean

1ste-seunshokkiespan 2019
Owethu Bobo, Dewald Harmse, Storm Hartman, Ruan van Loggerenberg, Willem Oberholzer, Marcel Olivier, Lorenzo Paoli, Jacques Piek, Rudolf Swart en Tiaan Wilken.

Afrigter: Me. Maryka Willemse en Me. Leona Esterhuyse.
Organiseerder: Me. Letsie Grobler.

2018 Prestasies
Owethu Bobo is vir die tweede agtereenvolgende jaar in die D2/12 hokkiespan opgeneem.

Owethu hokkie 2018

2017 Prestasies
Owethu Bobo is in die 0/14 D2-hokkiespan opgeneem.

Angelique Groenewald is in die Nasionale span opgeneem wat in Oktobermaand na Nederland en België gaan toer. Uit 800 spelers is slegs 16 spelers vir dié span gekies.

Hokkie Angelique

2016 Prestasies
Marina Wray en Aobakwe Madonsela is in die D2- / D12-hokkiespan opgeneem. Aobakwe Madonsela is ook gekies vir die 0/14 Suid-Gauteng hokkiespan.