Gholf
Riebeeckrand bied aan elke seun en dogter die geleentheid om hul vaardighede op die gholfbaan ten toon te stel. Tydens Februarie en Maart neem die spanne deel aan ‘n kompetisie te Ruimsig waaraan 11 skole kompeteer. Dit sluit skole soos Monument, Noordheuwel, Randburg, Florida en vele ander skole in. Later in die jaar kry die leerders ook die geleentheid om aan die gholfliga deel te neem.

Prestasies
Kyle Grové is in 2018 en 2019 in die Wesrand skole gholfspan opgeneem. Kyle het ook die Wesrand verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse gholfkompetisie vir hoërskole.

wesrand gholfspan 2018