Boogskiet
Hoërskool Riebeeckrand beskik oor hul eie boogskietbaan en ons skuts vaar uitstekend. Ons skuts word deur mnr. Frik Birkenstock en mnr. André Esterhuizen afgerig. Mnr. Birkenstock het Protea-kleure in afrigting en mnr. Esterhuizen is ‘n protea-speler.

2020/2021 Prestasies
9 Riebeeckrander het in 2020 gekwalifiseer om hulle Provinsiale Boogskietkleure te ontvang. Hulle neem in 2021 aan die interprovinsiale kompetisies deel.
-Deanay Esterhuizen
-Fanie Becker
-Hanco van Staden
-Jana Martins
-Jayden Esterhuizen
-Leane van Zyl
-Mieke Oosthuizen
-Rikus Thiart
-Simone de Beer

Boogskiet 2021

2019 Prestasies
4 Riebeeckranders, Kristen Becker, Jayden Esterhuyzen, Fanie Becker en Leané van Zyl, is in die Provinsiale boogskietspan opgeneem. Dié leerders neem eersdaags saam met hul 12 spanmaats aan die Nasionale Kampioenskappe deel.

Provinsiale Boogskietspan 2019

2018 Prestasies
Megan Robins, Jacques de la Rouviere en Francois Martins is in die Springbok boogskietspan opgeneem.

Protea boogskietspan 2018

2017 Prestasies
Die volgende leerders is in die Gauteng boogskietspan opgeneem: Francois Martins, Megan Robins, Jacques de la Rouviere, Keanan Clark-Haltett, Jayden Esterhuizen, Janell Rossouw en Morné de la Rouviere.

Die Gauteng boogskietspan bestaan uit 16 leerders waarvan 7 leerders trotse Riebeeckranders is.

Gauteng boogskietspan 2017

2016 Prestasies
JP Erasmus en Charlize Roetstorf in is die Centre Shot span opgeneem.

boogskiet center shot

Ses van Riebeeckrand se skuts is in die Gauteng boogskietspan opgeneem. Megan Robins behaal ‘n silwer medalje tydens die wêreld boogskietkampioenskappe.

boogskiet megan robins

2015 Prestasies
Riebeeckrand se seniorspan het tweede geëindig tydens die Provinsiale boogskietkampioenskappe. Al 10 die skuts het silwer medaljes tydens die kampioenskappe verwerf.