Riebeeckrand Ondersteunersklub
Hoërskool Riebeeckrand het 'n ondersteunersklub op die been gebring. Die ondersteunersklub is nie net beperk tot oud-leerders nie, maar is oop vir enige persoon wat sou belangstel om deel te wees van die klub.

Riebeeckrand wil met soveel moontlike oud-leerders kontak maak. Indien u ‘n oud-leerder van Hoërskool Riebeeckrand, Hoërskool Riebeeck, Hoërskool Goudrand, of ‘n buitestaander is wat belangstel om deel te vorm van die klub, stuur u lidmaatskap aansoekvorm na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Laai u lidmaarskap aansoekvorm hier af: Lidmaatskap aansoekvorm

  
bond FB
 
Doelstellings:
Die Klub se doelstellings is om as die Hoërskool Riebeeckrand Ondersteunersklub:
• Deelname ter bevordering van alle sportsoorte by die Skool aan te moedig en uit te brei;
• Die ontwikkeling van deelnemers aan skoolverwante kultuuraktiwiteite, skoolverwante sportbedrywighede en dienooreenkomstige afrigting te bevorder;
• Deelname ter bevordering van alle kultuuraktiwiteite by die Skool aan te moedig en uit te brei;
• Die openbare beeld en status van die Skool te bevorder;
• Die belange van die klub te beskerm en goeie gesindheid tussen lede van die Klub aan te moedig en te bevorder;
• Die Klub geriewe, toerusting en dienste vir lede van die Klub daar te stel en in stand te hou en uit te brei en om hiervoor, die nodige ooreenkomste aan te gaan;
• Fondse te verkry deur skenkings, borgskappe of op enige ander wyse en om dit te gebruik op ‘n wyse wat bevorderlik is vir die Klub en sy lede;
• Toekennings en skenkings te maak wat gemik is op die bevordering van sportaktiwiteite, kultuuraktiwiteite en die Skool;
• Goeie verhoudings en samewerking tussen ander liggame en organisasies in die skool aan te moedig en te bevorder;
• Binne die riglyne van die beheerliggaam op te tree;
• Ander sake waarvoor nie bepaald voorsiening in hierdie doelstellings gemaak is nie te verrig ter bevordering en bereiking van algemene doelstellings van ‘n ondersteunersklub.

Laai die konstitusie van die ondersteunersklub hier af: Konstitusie