Toneel
Riebeeckrand het sedert 2014 hoë hoogtes met hul toneelgroepe bereik. Ons personeellede wat die onderskeie groepe afrig het jare se ervaring. Een van ons afrigters, me. Annelize Erasmus, het aan die Universiteit van die Vrystaat haar BA Drama en Teaterkuns Graad voltooi, asook haar honneurs graad in lewendige optredes by AFDA.

Die toneelgroep, Plek van Genade, was by RACA kategoriewenners gewees en hulle het ook 8ste in die Nasionale finaal by Op Die Planke Toneelfees geëindig. Die toneelgroep, Haatland, was aangewys as die algehele beste toneelgroep by die Kemptonpark Kunstefees.

Prestasies
2014 – Senior toneel is aangewys as kategoriewenners vir hoërskole by die ATKV-tienertoneel. RACA: 92% (senior toneel). NEA: 1 x Diploma (junior toneel). Verskeie spelers het ook individuele toekennings verwerf.

2016 (Niemand Beroemd) – Kempkuns: Goud, RACA: Goud en NEA: Goud.

2016 (Opgeskort) – Kempkuns: A++, RACA: Goud, NEA: Diploma en ATKV-tienertoneel: Brons.

2017 (Weggooikind) – Kempkuns: A++, RACA: Platinum, NEA: Diploma en ATKV-tienertoneel: Goud.

2018 (Verlore Generasie) – RACA: Diamant, NEA: Diploma, Kempkuns: A+ en Op die Planke Toneelfees: A. ATKV-tienertoneel: 16 x Brons toekennings, 2 x silwer toekennings. Noordheuwel Toneelfees: 1 x Goue toekenning vir produksie, 1 x Brons toekenning, 2 x Goud toekennings en 3 x Silwer toekennings. Verlore Generasie het ook deur gedring na finaal van dié toneelfees.
Afrigters van Verlore Generasie: Me. Annelize Erasmus en me. Varuska Denysschen.

2018 (Bomskok) – RACA: Platinum, NEA: Diploma, Kempkuns: A+ en by Op die Planke Toneelfees het dié groep deur gedring na die Provinsiale rondte. ATKV-tienertoneel: 7 x Silwer (Ensamble werk, Beligtings ontwerp, Kostuums, Klankbaan, Tegniese aspekte, Estetika en Regiseur) en 3 x Brons (Algeheel, Projeksie hantering en Nuutgeskrewe teks). Noordheuwel Toneelfees: Deelname by die 1ste rondte.
Afrigters van Bomskok: Me. Leona Etserhuyse en me. Sanette Smith.

2019 (Plek van Genade) – RACA: Diamant en kategoriewenner, NEA: Goud, Kempkuns: A, ATKV Tienertoneel: (1ste ronde) Brons: Klankbaan, Brons: Tegniese aspekte, Noordheuwel Toneelfees: 1ste ronde en Op die Planke Toneelfees: A+ en eindig 8ste by die Nasionale finaal.
Afrigters van Plek van genade: Me. Leona Etserhuyse en me. Sanette Smith.

2019 (Haatland) – RACA: Diamant, NEA: Diploma, Kempkuns: A++ (Aangewys as algehele beste toneel), ATKV Tienertoneel: (1ste ronde) Brons: Ensamble, Noordheuwel Toneelfees: (1ste ronde) Brons: Ensamble en Op die Planke Toneelfees: A+ (Deurgedring na die provinsiale ronde).
Afrigters van Haatland: Me. Annelize Erasmus en me. Varuska Denysschen.