Poortloop
By Riebeeckrand bestaan die pragtige tradisie van Poortloop. Elke gr.8-leerder en ook nuwe leerders wat by Riebeeckrand inskryf, stap na die afloop van die oriënteringsprogram en die groentjiekonsert deur die skool se Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckrander ingeburger te word. Met hierdie mooi geleentheid ontvang elke leerder ‘n sertifikaat en onderneem hulle om altyd deel van die spogskool en die skool gebeure te wees. Hierdie Poort se hekke word dan deur die hoof, personeel, die beheerliggaam en die seniorraad vir hierdie leerders oopgesluit.

Aan die einde van die leerders se matriekjaar, stap hulle weer deur dieselfde Poort se hekke na buite. Dit simboliseer dat hulle as volwaardige Riebeeckranders trots die wye wêreld ingestuur kan word.

poortloop 2019  poortloop2