Perderuiters van formaat

Sunica van Wyk, ‘n gr.11-leerder, en Unicus van Wyk, ‘n gr.8-leerder, is in die Gauteng A-Span, vir perdry, opgeneem. Dié twee leerders se harde werk en deursettingsvermoë het hul droom bewaarheid, en hulle spog graag breëbors met hul Gauteng klere.

Sunica en Unicus kompeteer vanjaar in die skole-afdeling asook in die ope-afdeling. Hulle bevind hulself tans in vlak 5 van die hoërskole afdeling. Hulle streef daarna om in die nabye toekoms in vlak 7 te kompeteer en hul springbokkleure te verwerf.

Dié twee leerders neem eersdaags aan die Nasionale Kampioenskappe te Parys deel, waar Unicus in vlak 4 gaan kompeteer, die hoogste vlak in die kompetisie, en Sunica in vlak 3. Beide die ruiters is reeds hard aan die oefen. Die Riebeeckrandfamilie wens hul voorspoed toe met hul deelname aan die Nasionale Kampioenskappe.

Sunica Prestasies 2019 Unicus Prestasies 2019

4 Riebeeckranders deel van die Provinsiale boogskietspan Provinsiale Boogskietspan 2019

Hoërskool Riebeeckrand lewer die afgelope paar jaar topgehalte boogskuts op, wat uitstekend in hul kompetisies vaar.

Daar word jaarliks 16 skuts, van al die skole in Gauteng, gekies om deel te wees van die Provinsiale boogskietspan. Deur die loop van die jaar gee die skuts hul beste om ‘n goeie puntetelling op te bou. Op 17 Augustus was dit die skuts se laaste kans om punte bymekaar te maak, om ‘n plek in die Provinsiale span los te slaan.

Ons spog graag met 4 van ons leerders, Kristen Becker, Fanie Becker, Jayden Esterhuyzen en Leané van Zyl, wat in die Provinsiale A-boogskietspan opgeneem is. Dié leerders gaan saam met hul 12 spanmaats op 25 – 27 September aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem, met die hoop om ‘n lid van die Proteaspan te word.

Riebeeckrand het verlede jaar 3 skuts opgelewer wat in die Proteaspan opgeneem is, en in Kanada aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem het. Riebeeckrand wens die leerders sterkte toe met hul deelname aan die Nasionale Kampioenskappe en hou terselfder tyd styf duim vas dat hul in die Proteaspan opgeneem sal word.

 

Riebeeckrand se twee toneelgroepe, Haatland en Plek van Genade, is vuur en vlam.

Dié twee groepe het beide aan Hoërskool Noordheuwel se Toneelfees deelgeneem, en die toekennings ingepalm. Al die lede van Haatland, JP Bouwer, Devonique Breedt, Anika Kotze, Naledi Pelega, Tenika Pedro, Carli Rall, Bridgette Basson en Yolandi Vermeulen, het ‘n brons sertifikaat vir Ensabel-werk ontvang. Devonique Breedt is ook genomineer vir die beste ondersteunende aktrise. Die twee afrigters mee. Annelize Erasmus en Varuska Denysschen het ook toekennings ontvang. Me. Annelize het ‘n brons vir klankoperateur en teks ontvang en me. Varuska ‘n goud vir grimering en ‘n bros vir beligtingsoperateur, choreografie en kostuums.

Die toneelgroep Plek van Genade het net so goed gevaar. Dié groep word deur mee. Leona Esterhuyse en Sanette Smith afgerig. Die toneellede is: David Kuduntwane, Erik Potgieter, Tiaan van Tonder, Lamont van Niekerk, Werner Gabriël, Peet van Jaarsveld, Tiaan Myburgh, Annamarie Bekker, Tyllin Barnard, Nadine Greeff, Helana Robinson en Wjanik Beneke. Me. Leona Esterhuyse het ‘n silwer toekenning ontvang vir verhoogbestuur en die twee tegniese lede, Malcolm Usher en Dewald Harmse ‘n brons vir verhoogbestuur en beligting. David Kuduntwane, een van die toneellede, het ‘n brons vir akteurwese ontvang en is ook genomineer vir mees belowende akteur.

Dié twee toneelgroepe het ook aan Kemptonpark Kunstefees deelgeneem waartydens Haatland ’n A+ behaal het en Plek van Genade ‘n A. Tydens dié kompetisie is JP Bouwer en David Kuduntwane as die beste akteurs aangewys, Naledi Pelega en Helana Robinson as die beste aktrises, Lamont van Niekerk as die beste ondersteunende akteur en Devonique Breedt en Wjanik Beneke as die beste ondersteunende aktrises.

Haatland 1 Haatland 2

Plek van Genade 2 Plek van Genade 1

Ontmoet Riebeeckrand se bestuurskomitee van 2020

Riebeeckrand het op 7 Augustus ‘n spog-inhuldigingseremonie vir hul nuutverkose Seniorraad van 2020 gehou. Die bestuurskomitee is ook tydens die geleentheid aangekondig.

Ons spog graag met die uitvoerende bestuur van 2019/20. Die hoofseun is Keaton Lensley en die hoofdogter Wjanik Beneke. Die onderhoofseun is Teodoir van Staden en die onderhoofdogter is Tyllin Barnard. Die volgende leerders maak deel uit van die uitvoerende komitee: Anika Kotze, Elisma Pio, Stefan Smit en Wian Wray.

Die hoofseun en -dogter sien daarna uit om ‘n verskil in die skool te maak en Riebeeckrand verder op te bou as die dinamiese skool, soos mense dit reeds ken.

Die Riebeeckrandfamilie is ‘n eenheid, wat trots is op hul skool, en juis daarom sien die nuutverkose raad van 2020 daarna uit om hul skool se leuse, beginsels en waardes uit te leef.

Dagbestuur 2020 Seniorraad 2020