Riebeeckrand se eie Protea skuts Protea boogskietspan 2018

Ons spog met drie leerders, Megan Robins, Francois Martins en Jacques de la Rouviere, wat in die 0/21 Junior Protea boogskietspan opgeneem is.

Die Proteaspan se lede is gekies op grond van hul drie beste tellings gedurende 2017 asook hul tellings wat hul tydens die nasionale en provinsiale kampioenskappe bereik het. Die drie Riebeeckranders se tellings was van die bestes en spog hul nou met ‘n plek in die 0/21 Junior Proteaspan.

Hulle sien met groot opgewondenheid uit na die Afrika Kampioenskappe wat einde April in Springs plaasvind en die Wêreldkampioenskappe wat in Juliemaand in Kanada plaasvind.

Ons is trots op die drie leerders en is saam met hulle opgewonde.

8 Riebeeckranders deel van Gauteng oefengroep

Hoërskool Riebeeckrand se netbal vaar vanjaar weereens uitstekend. Ons doel is om te wen en ons is vasberade om ons doel tydens elke wedstryd te bereik. Riebeeckrand se netbaldogters vaar ook individueel uitstekend. 11 Riebeeckrand-netbaldogters is in die D2-netbalspan opgeneem.

Dié 11 dogters het op 21 Maart aan die Gauteng proewe deelgeneem. Met groot trots deel Riebeeckrand die nuus dat 8 dogters in die Gauteng oefengroep opgeneem is. Die dogters is: Devonique Breedt (0/15), Megan Engelbrecht (0/15), Nicola v.d. Merwe (0/15), Elisma Pio (0/16), Melouise Mulder (0/17), Eztia Saunders (0/16), Danielle Malan (0/18) en Surika Pretorius (0/18).

Ons is baie trots op elke dogter wat aan die proewe deelgeneem het en deel saam in die vreugde van die 8 dogters wat span gehaal het. Die dogters word ook sterkte toegewens met die finale proewe wat op 6 April plaasvind.

Gautengoefengroep 2018 netbal

Leandie du Randt kuier saam die Riebeeckrandfamilie

Ons het op 23 Februarie ons jaarlikse ma- en dogteraand gehou met die talentvolle spreker Leandie du Randt en sangeres Irene-Louise van Wyk.

Die aand was vol pret en plesier en die gesellige atmosfeer het almal laat tuis voel. Die aand het begin met ‘n dans-sessie waartydens die dames geleentheid gekry het om hul twee linkervoete te verruil en danspassies na te boots – dit was hope pret! Later die aand het die talentvolle Leandie du Randt Bosch die dames toegespreek met haar bekende motiveringspraatjie #NoOneCanBeatYouAtBeingYou en Irene- Louise van Wyk het die dames met haar unieke sangtalent vermaak.

Die aand was vol eindelose pret met heerlike pryse wat op die spel was. Ons bedank elke ma, dogter en vriendin wat die aand saam met ons kom geniet het. Ons bedank ook elke instansie in Randfontein wat ‘n prys geborg het vir die aand. Dit word opreg waardeer! En ‘n besondere dankie gaan aan Gerda Pieterse en haar span van Randwest Nissan (hoofborg) en Randfontein Skryfbehoeftes wat die aand geborg het. Ons sien daarna uit om weer in die toekoms met sulke ondersteunende en lojale borge saam te werk.

ma en dogteraand 2018 2  ma en dogteraand 2018 4  ma en dogteraand 2018 1

Akademiese prysuitdeling Lourierkleure 2018

Op 8 Februarie 2018 het ons, ons akademiese prysuitdeling gehou om vir ons leerders erkenning te gee vir hul harde werk gedurende 2017. Leerders wat in 2017 in gr.8 -11 was het sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleure en trofeë ontvang as beloning vir hul harde werk. Die grade se Akademiese Top 10 is ook tydens die spog geleentheid aangekondig.

Drie leerders, Franco Venter (gr.10), Suzaan Dell (gr.11) en Ju-hanie Wilken (gr.11), het hul lourierkleure (wit baadjie) vir akademie ontvang – dit is ‘n uitsonderlike prestasie en die hoogste toekenning wat ‘n leerder kan ontvang.

Ons hoof en personeel is onsettend trots op al die leerders – voluit vir Riebeeckrand!