14 Riebeeckranders gekies om oorsee te gaan toer

Uit 250 dogters is 5 van ons hokkiedogters in die Dream Team opgeneem om aan die einde van die jaar na België te toer.
Carle Thysse
Bernadine van der Merwe
Leruscka de Villier
Shamoney Clarke
Amone Erasmus

Hokkie oorsee toer 2

5 van ons netbaldogters is uit 230 dogters gekies om na Malasië en Singapoer te toer.
Melouise Mulder
Chriske Hechter
Sharne Landman
Devonique Breedt
Elizma Pio

Netbal oorsee toer

4 van ons rugbyseuns is ook gekies om later die jaar na Italië toer.
Wian Wray
Keaton Lensley
Charl Meyer
Keagen Graham

Rugby oorsee toer

Riebeeckrand is baie trots op dié leerders en hul afrigters!

Riebeeckranders deel van D2-span en Gauteng oefengroep

Ons netbaldogters is vanjaar weer vuur en vlam op die netbalbane. Dié dogters presteer uitmuntend in hul spanne, asook individueel. Riebeeckrand het vanjaar 8 netbalspanne. Die 1ste-netbalspan het Overvaal met ‘n telling van 22-21 in die NWU 16-reeks gewen en ook vir Bekker met ‘n puik telling van 47 - 9. Die netbalspanne het op 4 April hul eerste ligawedstryd gespeel waartydens die 1stes Glenvista 38 – 2 gewen het.

Die 1ste-netbalspan het tydens die skoolvakansie na Mosselbaai getoer en aan die AJ Sportweek deelgeneem waar hulle 6de uit 23 skole geëindig het. 5 Riebeeckranders, Melouise Mulder, Criske Hechter, Sharne Landman, Devonique Breedt en Elizma Pio, is uit 230 spelers gekies om na Malasië en Singapoer te toer. 2 dogters, Melouise Mulder en Criske Hechter, is ook verkies tot die Toernooi span.

Jaar na jaar spog ons met ‘n klomp netbaldogters wat in die D2-span en Gauteng oefengroep opgeneem is. Vanjaar spog ons weer breëbors met 6 dogters wat in die D2-span opgeneem is en 3 dogters in die Gauteng oefengroep.

Die dogters wat in die D2-span opgeneem is, is: Dehandri Thoms (0/15), Devonique Breedt (0/16), Nicola van der Merwe (0/16), Melouise Mulder (0/19), Danielle Olivier (0/19) en Mantiki Makayi (0/19). En die 3 dogters wat verder deurgedring het en in die Gauteng oefengroep opgeneem is, is: Devonique Breedt (0/16), Nicola van der Merwe (0/16) en Melouise Mulder (0/19).

Gautengoefengroep 2019

Devonique, Nicola en Melouise (Gauteng oefngroep).

Riebeeckrand se rugby is vuur en vlam Rugby en Mapogo

Riebeeckrand se rugbyseisoen is reeds aan die gang. Vanjaar kompeteer ons in die NWU-16 sportreeks en vaar tot dusver uitstekend. Die 1ste-rugbyspan het reeds drie wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen het. Hul oorwinning teen Overvaal en Bekker was beide met ‘n telling van 26 – 12 en hul wedstryd teen Leeuwenhof het hulle net-net verloor.

Die seuns sien daarna uit om die reeks te hervat na die Maart skoolvakansie, maar vir eers is die senior rugbyspanne in Mosselbaai vir hul rugbytoer. Tydens die toer skerp hulle hul tegnieke vir die res van die seisoen op. Die seuns keer op 21 Maart weer terug. Riebeeckrand wens hulle ‘n wonderlike toer toe en glo dat hul reeds hope herinneringe gemaak het.

Riebeeckrand is dankbaar vir al die ondersteuning van hul lojale rugbyborge van 2019. ‘n Spesiale dankie word uitgereik aan ons borge, Mapogo A Mathamaga Randfontein, Dura Trailers en Lensley Boerdery.

 

Erik Holm besoek Riebeeckrand

Erik en Seniorraad 2
Die bekende akteur, regisseur en nuusleser, Erik Holm, het Maandagoggend Riebeeckrand se leerders tydens hul saalopening kom toespreek. Erik se positiewe uitkyk op die lewe het Riebeeckrand se leerders diep geraak. Hy het baie klem gelê op samehorigheid, ondersteuning, positiewe gedagtes en tyd wat jou mees kosbaarste besitting is. Leerders is gemotiveerd en wil graag so passievol en gedrewe soos Erik wees.

Dit is vir ons belangrik om ons leerders gemotiveerd te hou. Daarom reël ons dikwels dat bekende kunstenaars Riebeeckrand kom besoek, sodat hulle met ons leerders kan praat en hulle inspireer. Ons visie is “Leef met hoop” en ons streef dit graag na. Dit is lekker om ons Riebeeckranders gelukkig te sien en hulle te help om doelwitte te genereer en daardie doelwitte na te streef.

Erik en Seniorraad seuns  Erik hoofleiers en hoof 2