Riebeeckrand leef met hoop
Op Hoërskool Riebeeckrand se terrein is bome in geel getooi wat hoop simboliseer.

Ons lewe in uitdagende omstandighede. Geliefdes word siek en geliefdes sterf. Swaarkry word ‘n groter realiteit. Maak nie saak hoe uitdagend die lewe raak nie, hoop bly altyd staan.

Hoërskool Riebeeckrand glo in die krag van hoop - hoop op 'n goeie toekoms; hoop op die herstel van ons land; hoop dat ons personeel, leerders en gemeenskap moed sal hê om vorentoe te stap; hoop dat ons sal aanhou droom oor die goeie in die lewe; hoop dat Geloof ons elke dag sal dra. Riebeeckrand leef met hoop en daag die Randfontein-gemeenskap uit om saam met hulle met hoop te leef.

Bome van hoop 2