Drie netbaldogters deel van Gauteng oefengroep
Ten spyte daarvan dat daar in 2020 amper geen sportbyeenkomste plaasgevind het nie, is Riebeeckrand se netbaldogters weer vuur en vlam op die netbalbane. Dié dogters presteer uitmuntend in hul spanne, asook individueel. Op 15 April 2021 het al die netbalspan hulle eerste netbalwedstryde teen Krugersdrop High, gespeel. Sewe van Riebeeckrand se spanne het hul wedstryde gewen, een span het gelykop gespeel en slegs een span het hul wedstryd net-net verloor. Aangesien vanjaar se sportbyeenkomste nie deur ouers en ondersteuners bygewoon mag word nie was die 1ste-span se wedstryd op die skool se Facebook blad lewendig uitgesaai, sodat ouers en ondersteuners steeds in die opwinding kon deel.

Die netbalspanne het vyf wedstryde gespeel voordat kontaksport op 19 Mei deur die departement van onderwys gestaak is. Ons leerders het hard geoefen en dit baie geniet om weer terug te kon wees op die netbalbane. Hulle is dankbaar vir die geleenthede wat hulle gehad het om te kon speel en boonop uitstekend kon presteer.

Jaar na jaar spog Riebeeckrand met ‘n klomp netbaldogters wat in die D2-span en Gauteng oefengroep opgeneem is. Vanjaar spog hulle weer breëbors met 9 dogters wat in die D2-span opgeneem is en met 2 dogters wat deel is van die Gauteng oefengroep.

Die dogters wat in die D2-span opgeneem is, is: Omolemo Molokela (0/14), Karabo Motsisi (0/14), Kopano Mzondi (0/14), Angela Nkomo (0/14), Kerathilwe Motshaba (0/15), Rendani Mashao (0/15), Chantey Zaayman (0/17), Devonique Breedt (0/18) en Nicola Van der Merwe (0/18). Die 3 dogters wat verder deurgedring het en in die Gauteng oefengroep opgeneem is, is: Karabo Motsisi (0/14) en Chantey Zaayman (0/17) en Devonique Breedt (0/18).

Riebeeckrand is baie trots op hul netbaldogters en hul afrigters.