Beheerliggaam stel hul skool eerste
Hoërskool Riebeeckrand se beheerliggaam dra hul leerders, personeel en ouer se veiligheid op die hart. Op 24 Maart 2021 het die beheerliggaamslede ingespring om die sypaadjie en parkering, in Angelierstraat, skoon te maak. Dele van die muur in Angelierstraat, wat die skool en treinspoor skei, wat uitgebreek was, is deur die beheerliggaamslede toegestoot sodat voetgangers nie meer daardeur kan loop nie. Dit is wonderlik om te sien hoe betrokke die beheerliggaam is. Die lede het met hulle eie fondse en toerusting die wonderlike projek gedryf.

Riebeeckrand se beheerliggam het ook die verkeersdepartement en ander betrokke departemente versoek om Angelierstraat ‘n eenrigtingstraat te maak. Vragmotors bo 3 500kg sal dan ook van alternatiewe roetes gebruik moet maak en dus nie meer in Angelierstraat ry nie. Die beheerliggaam is hoopvol dat die nodige aanpassings die veiligheid van ons leerders en ouers, asook die verkeersvloei om die skool sal verbeter. Openbare vervoer is ook versoek om die Leliestraathek as op- en aflaaipunt te gebruik.

BL projek 1  BL projek 3  BL projek 2