Riebeeckranders genooi na nasionale jukskeikliniek
Twee Riebeeckranders, Q’hanri Nel en Michael Croukamp, is deur Jukskei SA genooi om ‘n nasionale jukskeikliniek by te woon. Die kliniek gaan 19 – 22 Maart 2021 plaasvind by Camp Discovery in Limpopo. Dit is ‘n besondere prestasie aangesien daar slegs 61 leerders gekies is om die kliniek by te woon.

Hoërskool Riebeeckrand se jukskeileerders vaar jaarliks uitstekend. Verlede jaar het Riebeeckrand 10 leerders gehad wat in die Wesrand jukskeispan opgeneem was en aan die SA kampioenskappe deelgeneem het, waartydens twee leerders in SA A-spanne opgeneem was. Ons is opgewonde om te sien watter hoogtes ons leerders die jaar gaan bereik.

Jukskei 2021