Akademiese prysuitdeling - Riebeeckrand beloon harde werk
Ons akademiese prysuitdeling het vanjaar op 9 en 11 Maart 2021 plaasgevind. Tydens dié geleentheid het leerders erkenning gekry vir hul harde werk gedurend 2020.

Karla Henning het die hoogste toekenning ontvang, naamlik lourierkleure. Lourierkleure bestaan uit ‘n spesiale wit baadjie met ‘n goue draad, louriersakwapen en ‘n goud-geborduurde balkie wat die kategorieë waarin die prestasie gelewer is, benoem.

Die Riebeeckrand-familie is baie trots op Karla en elke leerder wat sy/haar beste gegee het en hard gewerk het.

Die akademiese Top-10 is ook tydens die geleentheid aangewys. Die onderskeie grade van 2020 se Top-10 lyk soos volg:
Gr. 8: 1ste – Drytton Barnard, 2de – Nombuso Gumpo, 3de – Megan Blommetjies, 4de – Nalene Oosthuizen, 5de – Ankia Henning, 6de – Bokamoso Moumakwe, 7de – Cheri van Niekerk, 8ste – Liana van den Heever, 9de – Bianca Venter en 10de – Linomtha Mahuwa.

Gr. 9: 1ste – Zandri du Plessis, 2de – Meghan Kelly, 3de – Cheri-Lee Smith, 4de – Sydney Dell, 5de – Dylan Eloff, 6de – Roelf van den Berg, 7de – Anri Graaff, Q’hanri Nel, Orefile Mpadisang en 10de – Ntokozo Ncama.

Gr. 10: 1ste – Karla Henning, 2de – Chantey Zaayman, 3de – Kylie Gouws, 4de – Blessings Mudarikwa, 5de – Kaela Smuts, 6de – Inhle Gumpo, 7de – Marli Theunissen, 8ste – Justin van Aswegen, 9de – Carli Rall en 10de – Madelyn van den Heever.

Gr. 11: 1ste – Marizane Stoltz, 2de – Devonique Breedt, 3de – Christelle Vosloo, 4de – Zené van der Merwe, 5de – Q’raine Nel, 6de – Megan Draper,
7de – Nicola van der Merwe, 8ste – Bridgette Basson, 9de – Chanelle Groenewald en 10de – Xander Smith en Karli Strooh.

Akademiese prysuitdeling gr8 12 2021

Zandri du Plessis & Drytton Barnard.