Riebeeckranders lewer indrukwekkende toesprake
By Riebeeckrand speel kultuuraktiwiteite ‘n groot rol. Daar word aan leerders ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite gebied waaraan hulle kan deelneem. Public Speaking is een van die gunsteling aktiwiteite waaraan Riebeeckrand se leerders deelneem. Dit is wonderlik om te sien hoe die leerders in Engels redeneer en insiggewende toesprake lewer, alhoewel dit meeste van die leerders se tweede taal is.

Van dié deelnemers gaan later vanjaar by die Nasionale Eisteddfod en RACA aan group public speaking en individual public speaking deelneem.

Riebeeckrand wens graag al hul leerders geluk wat aan die interne kompetisie deelgeneem het. Elke toespraak was indrukwekkend!

Die top 3 wenners van die juniors en seniors 2021 is soos volg:
Juniors: 1ste – Susanne Marais, 2de – Drytton Barnard en 3de – Mieke Oosthuizen.
Seniors:1ste – Anakin Slabbert, 2de – Marli Theunissen en 3de – Karla Henning.

Public Speaking 2021