Poortloop tradisie van Riebeeckrand
By Riebeeckrand bestaan die pragtige tradisie van Poortloop. Elke gr. 8-leerder, asook nuwe leerders en nuwe personeellede van Riebeeckrand, stap na die afloop van die inburgeringsprogram deur die skool se Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckrander ingeburger te word.

Die Poort se hekke was op 9 Februarie 2021 oopgesluit sodat die gr. 8-leerders, nuwe leerders en nuwe personeellede die poorthekke kon binnegaan. Elke leerder wat deur die poort geloop het, se skoolbaadjie is vir hul aangetrek deur die hoofseun of –dogter en hulle het ‘n sertifikaat vanaf die hoof en beheerliggaam ontvang asook ‘n Bybel van die Gideons.

Alhoewel die Covid-19 pandemie die tradisie ietwat anders laat verloop het as in die verlede, deur die toepassing van sosiale afstand en geen handdruk maar elmboog-gelukwense sal die gr.8-leerders en hul ouers dié besondere gebeurtenis nie sommer vergeet nie. Trane het gevloei en daar was van oor tot oor geglimlag. Ons is dankbaar dat die tradisies kon voortleef ten spyte van die buitengewone omstandighede waarin ons onsself tans bevind. Riebeeckrand maak slim planne! Riebeeckrand glo dat hierdie emosie-belaaide tradisie vir baie leerders 'n wonderlike herinneringe inhou.

poortloop 2021  poortloop 2021 2  poortloop 2021 1