Interne redenaars 2021
Een van die kultuurhoogtepunte by Riebeeckrand is hul interne redenaarskompetisie. Vanjaar se kompetisie het op 22 & 23 Februarie plaasgevind. Tydens dié geleentheid lewer leerders insiggewende en interessante toesprake.

Van dié deelnemers gaan later die jaar by die Radikale redenaarkompetisie, Nasionale Eisteddfod, ATKV en RACA aan spanredenaars en individuele redenaars deelneem.

Die top 3 wenners van die juniors en seniors is soos volg:
Juniors: 1ste - Mongenique Viljoen (gr.9), 2de – Drytton Barnard (gr.9), gesamentlik 3de – Johan Collins (gr.9) en Deoné Scheepers (gr.8).
Seniors: 1ste – Devonique Breedt (gr.12), 2de – Rick van den Berg (gr.10) en 3de – Carli Rall (gr.11).

Ons wens al ons redenaarleerders sterkte toe met hul deelname aan die kompetisies wat voorlê.

Interne redenaars 2021