Matrikulante kry erkenning vir harde werk 

Akademiese prysuitdeling 2021
Hoërskool Riebeeckrand het op 9 November 2020 hul matrikulante se akademiese prysuitdeling gehou. Tydens die spoggeleentheid word leerders erkenning gegee vir hul harde werk deur die loop van matriekjaar. Sertifikate, balkies, erekleure, lourierklere en trofeë was oorhandig en die Dux-leerder was ook aangekondig.

Wjanik Beneke het lourierklere ontvang vir haar uitmuntende voorlopige gemiddeld van 83,4%. Die Top 10 was ook aangekondig en lyk soos volg: 10de – Zné Dreyer, 9de – Zhuandré Eloff, 8ste – Juané Brits, 7de – Izaan Rolf, 6de – Danté Havenga, 5de – Teodoir van Staden. 4de – Nadine Greeff, 3de – Simoné van den Berg, 2de – Sunica van Wyk en 1ste – Wjanik Beneke.

Om die Dux-leerder trofee te ontvang is ‘n besonder prestasie en vanjaar is die trofee aan Teodoir van Staden oorhandig. Dié besondere toekenning word aan die leerder wat die hoogste gemiddelde persentasie van gr.8 – 12 het, toegeken.

Die Riebeeckrand-familie is onsettend trots op al die matrikulante wat so hard gewerk het ten spyte van al die uitdaging wat covid-19 gebring het. Leer hard vir die eindeksamen en gee net julle beste – voluit vir Riebeeckrand!