Groentjies en matrikulante – Boeties en sussies (2020)
As jy in graad 8 is en ‘n ouer boetie/sussie in matriek het, is jy gelukkig – dit is ‘n besonderse ervaring! Dit is nie elke gesin wat met die waarneming kan spog nie. Vanjaar het Riebeeckrand vier gesinne wat ‘n jongste in graad 8 het en ‘n oudste in matriek het. Dié boeties en sussies het saam hul eerste en laaste dag van hoërskool aangepak en ook die eerste en laaste van baie saam ervaar.

Vir die vier pare boeties en sussies was vanjaar ‘n besondere ervaring. Vir Tyllin was dit baie lekker om saam haar boetie, Drytton, sy eerste dag van hoërskool aan te pak en die inburgeringstydperk saam hom te kon geniet – dit het groot pret verskaf.

Timoné en Luecinda asook Leigh-Ann en Jessica se sustersband het versterk en Tyla en Ivan is nou beste vriende. Die oorvleuelde hoërskoolloopbane sal viraltyd onthou word en saam is dié boeties en sussies trotse Riebeeckranders!

Boeties en sussies