Skoolgee hou jou brein en lyf fiks

Personeel 1 2021 Personeel 3 2021

Covid-19 het ‘n nuwe normaal vir die hele wêreld kom skep. Dinge is nie meer soos waaraan ons gewoond was nie. Riebeeckrand se personeel moes hul hardlooptekkies afstof om te verseker dat hul duisende treë per dag sal kan stap.

Hoërskool Riebeeckrand se personeel loop nou letterlik die ekstra myl vir hul leerders. Om die leerders se veiligheid te verseker en sosiale afstand te handhaaf, wissel die gr. 8 – 9 leerders nie meer tussen periodes nie, maar wel die personeel. Die personeel wissel ongeveer 6 keer per dag van klas na klas en moet hulle hul hele pakkaas saam hul neem - van ‘n visualizer, skootrekenaar, boeke, lêers, notas en nog meer. Die onderwysers loop ‘n gemiddeld van 15 000 treë per dag! "Die gewisselry verskaf groot pret en hou ons fiks", vertel Letsie Grobler, een van die personeellede wat graad 8 en 9 onderrig.

Die hoof, Annelize van den Berg, is dankbaar en trots op haar personeel wat so hard werk en op ‘n drafstappie te alle tye hul beste gee en die leerders se belange op hul harte dra.

Personeel 4