Uitblink talente tydens interne redenaarskompetisie Interne redenaars 2020

Op 11 en 13 Februarie het ons, ons jaarlikse interne redenaarkompetisie gehou. Die leerders se toesprake moes oor een van die voorgeskrewe ATKV onderwerpe handel. Die juniors kon tussen die onderwerpe “Lees”, “Instinktief” en “Seine” kies en die seniors tussen die onderwerpe “Murg”, “Alternatief” en “Erodeer”. Die beoordelaars en gehoor was vir ure vermaak deur die talentvolle leerders en hul insiggewende en interessante toesprake.

Van dié deelnemers gaan eersdaags aan die ATKV-redenaarkompetisie deelneem en later die jaar gaan ons onderskeie grade se spanredenaars aan die Radikale redenaarkompetisie, NEA en RACA deelneem.

Die top 3 wenners van die interne redenaarkompetisie is soos volg:
Juniors: Johan Collins (1ste), Rick van den Berg (2de) en Mongenique Viljoen (3de).
Seniors: Werner Gabriël (1ste), Devonique Breedt en Carli Rall (gesamentlik 2de) en Wjanik Beneke (3de)

Die Riebeeckrand-familie wens al ons redenaarleerders sterkte toe met hul deelname aan die kompetisies wat voorlê.