Hou Riebeeckrand se gholfkampioene dop!

Hannes Strooh (gr.9) en Kyle Grové (gr.11) is twee Riebeeckranders wat nog hoë hoogtes op die gholfbaan gaan bereik.

Hannes Strooh is maar net 15 jaar oud en het reeds ‘n voorgee van +3. Hannes het gekwalifiseer om aan die SA Amateurs Ope deel te neem te Royal Johannesburg & Kensington op 16 – 21 Februarie. Hy is tans 1ste in die land onder die 0/15’s en 57ste in die land onder die Ope Amateurs. Hy is ook die afgelope 3 jaar Randfontein se klub kampioen en neem tans aan kompetisies deel vir die CCGU (Central Gauteng Golf Union).

Kyle Grové spog met ‘n voorgee van 1. Hy is in 2018 en 2019 in die Wesrand skole gholfspan opgeneem. Hy het ook die Wesrand verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse gholfkompetisie vir hoërskole. Kyle neem tans ook aan kompetisies vir die CCGU (Central Gauteng Golf Union) deel. Hy is nou besig met twee reekse genaamd Title Way Golf Series en Bridge Fund Series.

Riebeeckrand wens dié twee leerders sterkte toe met al die kampioenskappe wat vir hul voorlê.

Gholf web