Twee Riebeeckranders in SA A-jukskeispan SA A jukskei

Riebeeckrand spog graag met 10 jukskeileerders wat Desembermaand in Kroonstad aan die SA kampioenskappe deelgeneem het in onderskeie Wesrandspanne.

Q’raine Nel (kaptein), Q’hanri Nel en Jessica Mans was deel van die 0/16-A dogterspan en Marcel Olivier deel van die 0/16-A seunspan. Marianca Masser was deel van die 0/19-A dogterspan en Tiaan Wilken van die 0/19-A seunspan. Carli du Toit was deel van die 0/19-B dogterspan en Louis Grundlingh (kaptein), Rualdt Pieterse en Mardo Pieterse deel van die 0/19-B seunspan.

Die kompetisie is straf tydens dié kampioenskappe. Dit is ‘n uitstekende prestasie om in ‘n Wesrandspan opgeneem te word en by Kroonstad deel te neem. 4 Riebeeckranders, Marianca Masseer, Q’hanri Nel, Tiaan Wilken en Louis Grundlingh, is gedurende die kampioenskappe in Gauteng-streekspanne opgeneem waarvan Louis Grundlingh kaptein van sy span was.

Q’hanri Nel en Tiaan Wilken het verder deurgedring en elkeen is onderskeidelik in ‘n SA A-span opgeneem. Tiaan was die kaptein van die 0/19 SA A-span en hul is ook aan die einde van die kampioenskappe as die wenners van die land aangewys.