10 Riebeeckranders deel van Wesrand jukskeispan Wesrand Jukskei 2019

Die Wesrand Jukskei Skole Liga het vanjaar in Augustusmaand begin. Tydens dié liga word alle deelnemers gekeur om aan die Wesrand jukskeiproewe deel te neem. 14 Riebeeckranders was vanjaar gekeur om op 31 Augustus aan die proewe deel te neem. Daar word breëbors gespog met 10 Riebeeckranders wat in die Wesrand Jukskeispan opgeneem is.

Marianca Masser is in die 0/19 A-dogterspan opgeneem en Tiaan Wilken in die 0/19 A-seunspan. Carli du Toit is in die 0/19 B-dogterspan opgeneem en Louis Grindlingh in die 0/19 B-seunspan. Q’hanri Nel, Jessica Mans en Q’raine Nel is deel van die 0/16 A-dogterspan en Marcel Olivier van die 0/16 A-seunspan. Dié agt leerders gaan Wesrand verteenwoordig by die Bondedag wat op 12 September plaasvind, en weer in Desember tydens die Nasionale Jukskeitoernooi. Rualdt Pieterse en Mardo Pieterse is in die 0/16-jukskeispan opgeneem wat direk aan die Nasionale Jukskeitoernooi gaan deelneem.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op die 10 leerders en wens hulle alle sterkte toe met hul komende wedstryde.