Riebeeckrand se mooistes is...

Mej. Riebeeckrand Seniors 2019 Mej. Riebeeckrand Junoirs 2019 Mnr. Riebeeckrand 2019

Op 30 Augustus 2019 het Hoërskool Riebeeckrand hul mooistes gekroon tydens hul jaarlikse glansgeleentheid, Mnr. & Mej. Riebeeckrand.

Die junior dogters, senior dogters en seuns het elkeen die geleenheid gekry om twee keer op die loopplank te paradeer. Eerstens het al die deelnemers hul verskyning gemaak in hul informele drag en daarna in hul formele drag, wat die tema “A night with the stars” uitgebeeld het.

Die bekende pop-groep, Tussen Sterre, het ook tydens dié geleentheid opgetree. Dit was voorwaar ‘n aand vir die boeke.

Die wenners van Mnr. & Mej. Riebeeckrand 2019 is:
Mej. Riebeeckrand Senior: Christelle Vosloo
1ste prinses Senior: Caitlin Buitendag
2de prinses Senior: Wjanik Beneke
Mej. Riebeeckrand Junior: Kefilwe Moilwe
1ste prinses Junior: Anica Van der Merwe
2de prinses Junior: Tasha Phephu
Mnr. Riebeeckrand: Peet van Jaarsveld
1ste prins: Keagen Graham
Mej. Persoonlikheid Senior: Christelle Vosloo
Mej. Persoonlikheid Junior: Anica Van der Westhuizen
Mnr. Persoonlikheid: Pieter Jordaan
Mej. Fotogenies Senior: Chelné Olivier
Mej. Fotogenies Junior: Arlien Oudbier
Mnr. Fotogenies: Pieter Naude
Mej. Debutante: Judy van Wyk.

Me. Magda Venter, organiseerder van dié geleentheid, wil graag vir elke ouer, leerder en personeellid wat bygedra het tot die sukses van die funksie, hartlik bedank. ‘n Spesiale dankie aan elke besigheid en privaat persoon wat mildelik bygedra het deur middel van geskenke en kontant donasies.

Die Riebeeckrandfamilie wens die 2019 wenners baie geluk. Ons is trots op elke deelnemer, almal het pragtig gelyk!