Perderuiters van formaat

Sunica van Wyk, ‘n gr.11-leerder, en Unicus van Wyk, ‘n gr.8-leerder, is in die Gauteng A-Span, vir perdry, opgeneem. Dié twee leerders se harde werk en deursettingsvermoë het hul droom bewaarheid, en hulle spog graag breëbors met hul Gauteng klere.

Sunica en Unicus kompeteer vanjaar in die skole-afdeling asook in die ope-afdeling. Hulle bevind hulself tans in vlak 5 van die hoërskole afdeling. Hulle streef daarna om in die nabye toekoms in vlak 7 te kompeteer en hul springbokkleure te verwerf.

Dié twee leerders neem eersdaags aan die Nasionale Kampioenskappe te Parys deel, waar Unicus in vlak 4 gaan kompeteer, die hoogste vlak in die kompetisie, en Sunica in vlak 3. Beide die ruiters is reeds hard aan die oefen. Die Riebeeckrandfamilie wens hul voorspoed toe met hul deelname aan die Nasionale Kampioenskappe.

Sunica Prestasies 2019 Unicus Prestasies 2019