4 Riebeeckranders deel van die Provinsiale boogskietspan Provinsiale Boogskietspan 2019

Hoërskool Riebeeckrand lewer die afgelope paar jaar topgehalte boogskuts op, wat uitstekend in hul kompetisies vaar.

Daar word jaarliks 16 skuts, van al die skole in Gauteng, gekies om deel te wees van die Provinsiale boogskietspan. Deur die loop van die jaar gee die skuts hul beste om ‘n goeie puntetelling op te bou. Op 17 Augustus was dit die skuts se laaste kans om punte bymekaar te maak, om ‘n plek in die Provinsiale span los te slaan.

Ons spog graag met 4 van ons leerders, Kristen Becker, Fanie Becker, Jayden Esterhuyzen en Leané van Zyl, wat in die Provinsiale A-boogskietspan opgeneem is. Dié leerders gaan saam met hul 12 spanmaats op 25 – 27 September aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem, met die hoop om ‘n lid van die Proteaspan te word.

Riebeeckrand het verlede jaar 3 skuts opgelewer wat in die Proteaspan opgeneem is, en in Kanada aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem het. Riebeeckrand wens die leerders sterkte toe met hul deelname aan die Nasionale Kampioenskappe en hou terselfder tyd styf duim vas dat hul in die Proteaspan opgeneem sal word.