Riebeeckrand se twee toneelgroepe, Haatland en Plek van Genade, is vuur en vlam.

Dié twee groepe het beide aan Hoërskool Noordheuwel se Toneelfees deelgeneem, en die toekennings ingepalm. Al die lede van Haatland, JP Bouwer, Devonique Breedt, Anika Kotze, Naledi Pelega, Tenika Pedro, Carli Rall, Bridgette Basson en Yolandi Vermeulen, het ‘n brons sertifikaat vir Ensabel-werk ontvang. Devonique Breedt is ook genomineer vir die beste ondersteunende aktrise. Die twee afrigters mee. Annelize Erasmus en Varuska Denysschen het ook toekennings ontvang. Me. Annelize het ‘n brons vir klankoperateur en teks ontvang en me. Varuska ‘n goud vir grimering en ‘n bros vir beligtingsoperateur, choreografie en kostuums.

Die toneelgroep Plek van Genade het net so goed gevaar. Dié groep word deur mee. Leona Esterhuyse en Sanette Smith afgerig. Die toneellede is: David Kuduntwane, Erik Potgieter, Tiaan van Tonder, Lamont van Niekerk, Werner Gabriël, Peet van Jaarsveld, Tiaan Myburgh, Annamarie Bekker, Tyllin Barnard, Nadine Greeff, Helana Robinson en Wjanik Beneke. Me. Leona Esterhuyse het ‘n silwer toekenning ontvang vir verhoogbestuur en die twee tegniese lede, Malcolm Usher en Dewald Harmse ‘n brons vir verhoogbestuur en beligting. David Kuduntwane, een van die toneellede, het ‘n brons vir akteurwese ontvang en is ook genomineer vir mees belowende akteur.

Dié twee toneelgroepe het ook aan Kemptonpark Kunstefees deelgeneem waartydens Haatland ’n A+ behaal het en Plek van Genade ‘n A. Tydens dié kompetisie is JP Bouwer en David Kuduntwane as die beste akteurs aangewys, Naledi Pelega en Helana Robinson as die beste aktrises, Lamont van Niekerk as die beste ondersteunende akteur en Devonique Breedt en Wjanik Beneke as die beste ondersteunende aktrises.

Haatland 1 Haatland 2

Plek van Genade 2 Plek van Genade 1