Topgehalte hokkiekliniek vir laerskole

Op 6 en 13 Julie 2019 het Hoërskool Riebeeckrand vir die tweede agtereenvolgende jaar ‘n hokkiekliniek vir laerskoolspanne aangebied. Vanaf 2015 – 2017 het Riebeeckrand aanvanklik ‘n hokkietoernooi vir ‘n groot getal laerskoolspanne aangebied. Alhoewel dié toernooi ‘n reuse sukses was, het Riebeeckrand se hokkieafrigters met die jare saam ‘n groter behoefte na ‘n hokkiekliniek geïdentifiseer, en dit spoedig moontlik geïmplementeer.

Vanjaar se hokkiekliniek was aangebied vir 0/10 – 0/13 seuns- en dogtershokkiespanne. Riebeeckrand se hokkieafrigters, 1ste seuns- en dogtershokkiespan het die laerskole gehelp om basiese vaardighede te bemeester, asook hoe om gevorderde tegnieke tydens wedstryde te implementeer. Me. Letsie Grobler, trotse Riebeeckrand personeellid, het haar kennis en vaardighede as 0/12 D12-hokkieafrigter ook met die leerders en hul afrigters gedeel.

Dié kliniek was ‘n reuse sukses. Riebeeckrand wens die laerskoolhokkiespanne sterkte toe met hul hokkieliga wat eersdaags begin.

Hokkiekliniek 2019 1  Hokkiekliniek 2019 6

 Hokkiekliniek 2019 4 Hokkiekliniek 2019 5