Riebeeckranders by SA stoeikampioenskappe SA Stoei 2019

Henko Jacobs en Chanelle Groenewald, toon geen vrees op die stoeimat nie. Henko en Chanelle het beide deurgedring om aan die 2019 SA stoeikampioenskappe deel te neem. Vanjaar se kampioenskappe het op 21 en 22 Junie in Middelburg plaasgevind.

Chanelle het in die 0/17-damesafdeling ‘n 1ste plek behaal en spog breëbors met haar SA kleure wat sy verwerf het. Henko het in drie verskillende afdelings deelgeneem. In die Freestyle Kadette 71kg afdeling het hy ‘n 2de plek behaal, in die Greco Kadette 80kg afdeling ‘n 4de plek en in die Greco Juniors 72kg afdeling ‘n 5de plek.

Riebeeckrand is trots op dié twee leerders wat met groot sukses hul drome najaag.