8ste keer in SA korfbalspan

Riebeeckrand spog met die uitstekende prestasie dat daar nou reeds vir die 8ste jaar van ons leerders en personeel in die SA korfbalspan opgeneem is. Chanéy Lindner, ‘n trotse personeellid van Riebeeckrand, is in die Senior Dames SA korfbalspan opgeneem en Chiané Visagie, ‘n gr.10-leerder van Riebeeckrand, in die 0/17-SA korfbalspan.

Chanéy en Chiané was beide in die Wesrandspan opgeneem, en het 24 – 29 Junie aan die SA toernooi te Pretoriadeelgeneem, waar hulle tot die SA spanne verkies is. Beide dié twee spelers speel al van ‘n jong ouderdom af korfbal. Beide van hulle spog ook vanjaar met die 8ste keer wat hul tot ‘n SA korfbalspan verkies is. Dit is voorwaar ‘n puik prestasie! Die Riebeeckrandfamilie wens hulle sterkte toe met hul vertoonwedstryde wat op 9 -10 Augustus in Durban plaasvind.

Chaney Korfbal SA korfbal 2019 Chiane Korfbal