Riebeeckrand skenk 547 komberse aan gemeenskap

Hoërskool Riebeeckrand het einde Meimaand ‘n kombersprojek geloods waaraan die hele skool deelgeneem het. Die drie leerders wat die beheerliggaamverteenwoordigers van die skool is, het met die inisiatief na vore gekom. Al die leerders van Riebeeckrand het die projek ondersteun en komberse skool toe gebring sodat minderbevoorregtes in die Randfonteingemeenskap ‘n warm winterseisoen kan geniet.

Riebeeckrand is trots op hul leerders wat op só mooi wyse uitreik na hul medemens. ‘n Totaal van 547 komberse is ingesamel en kon Riebeeckrand ‘n groot verskil in die gemeenskap maak. Komberse is eerstens na Riebeeckrand en hul buurskole versprei om te verseker dat elke leerder ‘n warm kombers vir die winter het. Daarna is die oorblywende komberse verdeel tussen behoeftige gesinne in die dorp, NG Welsyn, Randpoort Renaissance, Door of Hope, karwagte, SPCA en Cast Away Animal Sanctuary. Riebeeckrand het ook meer as 60 komberse aan Mev. Africa, Reinette Boshoff, geskenk wat sy met ‘n uitreikprojek van haar eie aan behoeftiges kon uitdeel.

Dit is voorwaar ‘n voorreg om ‘n verskil in ander se lewens te maak, en te weet dat ‘n groot deel van die Randfonteingemeenskap warm in die koue nagte kan gaan slaap. Riebeeckrand bedank elke leerder wat ‘n bydrae gemaak het tot die kombersprojek – Voluit vir Riebeeckrand.

Kombersprojek 2019 7 Kombersprojek 2019 6