Riebeeckrand se netbal weer aan die voorpunt

Vanjaar het Riebeeckrand weer ‘n uitstekende netbalseisoen agter die rug. Drie van ons netbalspanne, 0/14’s, 0/16’s en 1stes, het al hul liga wedstryde gewen, en is as ligawenners aangekondig. Die 0/15’s en 0/17’s het met trots 3de in hul liga geëindig. Al 5 dié netbalspanne het deurgedring na Inter Distrik uitspele waarna die 0/17-netbalspan verder deurgedring na die JOMO uitspele.

Ons is baie trots op al ons netbalspanne en afrigters. Dit is wonderlik om te sien hoe toegewyd en passievol die dogters en afrigters is. Hulle pluk voorwaar die vrugte van harde werk. Wel gedaan!

 0 17 netbalspan 2019

(0/17-netbalspan: Deurgedring na die JOMO uitspele).