7de Riebeeckrander deur na ATKV-finale ronde ATKV Redenaars Finaal 2019

Werner Gabriël, ‘n gr.11-leerder, het op 1 Junie ‘n 1ste plek by die ATKV-redenaarskompetisie se semi-finale ronde, in die addisionele taalafdeling, behaal. Werner het met dié puik prestasie deurgedring om aan die Nasionale finale ronde van die kompetisie deel te neem. Die Nasionale finale ronde gaan op 2 Augustus 2019 by ATKV Goudini Spa plaasvind.

Dit is vanjaar die eerste keer wat Werner deurdring na die Nasionale finale ronde. Hy is opgewonde en sien daarna uit om Riebeeckrand met trots te gaan verteenwoordig. Die Riebeeckrandfamilie is baie trots op hom en wens hom ook sterkte toe met sy deelname aan die finale ronde van dié redenaarskompetisie. Dit is reeds die 7de keer wat ‘n Riebeeckrander aan die nasionale finale ronde deelneem.