Riebeeckranders deel van Goue Leeus Akademie Goue Leeus Rugby 2019

Ons is baie trots op drie van ons 1ste-rugbyspanspelers, Luke Myburgh, Tiaan Barnard en JP Nel, wat tot die 0/18 Goue Leeus Akademie XV verkies is. Dit is voorwaar ‘n besondere prestasie om deel van dié span te wees, aangesien honderde seuns aan die proewe deelneem.

Daar was drie rondes proewe gewees asook twee opwarmingswedstryde, teen die Valke en die Blou Bulle, waartydens die spelers hul beste spel moes voortsit om span te haal. Luke is die trotse haker van die 0/18 Goue Leeus Akademie XV span en Tiaan en JP die uitmuntende flanke.

Riebeeckrand wens die drie seuns sterkte toe met hul deelname aan die Akademie Week wat gedurende die skoolvakansie in Bloemfontein plaasvind.