Puik hokkieseisoen vir Riebeeckrand

Hoërskool Riebeeckrand is bekend vir hul uitstekende hokkiespel en top prestasies wat jaarliks behaal word. Riebeeckrand neem al jare aan die medium skole hokkieliga deel en vaar uitstekend teen hul mededingers.

Vanjaar het al 4 ons A-spanne onder die top 3 van dié liga geëindig. Ons seunshokkie vaar ook uitstekend. Die hokkieseuns se ligawedstryde hervat na die Junieskoolvakansie. Die Riebeeckrandfamilie wens hul 1ste-seunshokkiespan sterkte toe met hul 4 oorblywende ligawedstryde wat eersdaags plaasvind.

Hokkie Liga 2019

(0/16's, 1stes en 0/14's het deurgedring na die liga uitspele).