6 Riebeeckranders dring deur na ATKV-redenaars se semi-finale

Hoërskool Riebeeckrand vaar vanjaar uitstekend by die ATKV-redenaarskompetisie. ‘n Rekordgetal van 23 Riebeeckranders het aan die begin van Aprilmaand aan die eerste ronde van die ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem. Ses van dié leerders het deurgedring na die semi-finale ronde van dié kompetisie. Die kompetisie is straf en is dit voorwaar ‘n besondere prestasie.

Riebeeckrand wens die ses leerders, Carli Rall, Rick van den Berg, Devonique Breedt, Mapule Diale, Monique Pienaar en Werner Gabriël sterkte toe met hul deelname aan die semi-finale ronde van die redenaarskompetisie wat op 1 Junie te Hoërskool Linden plaasvind. Die Riebeeckrandfamilie is voorwaar baie trots op hul leerders.

ATKV semi finale 2019

(Agter): Mapule Diale en Monique Pienaar.
(Voor): Rick van den Berg, Devonique Breedt, me. Suerette Maartens, Werner Gabriël en Carli Rall.