Riebeeckrand se eie bobaas stoeier Stoei Henko 2019

Henko Jacobs, ‘n gr.11-leerder, is ‘n uitblinker in die stoeikruit. Vanjaar is dit die 4de jaar wat hy stoei en uitmuntende prestasies behaal. Henko het Maartmaand aan die SA Presidente Kampioenskappe te Kaapstad deelgeneem in die ouderdomskategorie 15 – 20 jaar. Alhoewel Henko die jongste deelnemer in dié kategorie was, het dit hom nie ondergekry nie. Hy het met trots ‘n 3de plek behaal.

Henko sien daarna uit om in die nabye toekoms sy Proteakleure in stoei verwerf. Maar vir eers is hy hard aan die oefen om hierdie droom van hom ‘n werklikheid te kan maak.