Riebeeckrand se netbal beste in NWU 16-reeks

“Riebeeckrand wen die trofee as die beste netbalskool van die NWU 16-reeks!” Dié puik prestasie het leerders, ouers en ondersteuners in ekstase gehad op Riebeeckrand se Facebookblad. Ons as Riebeeckrand is bekend vir ons uitstekende netbalspel, asook ons spanne wat jaar na jaar uitmuntende prestasies behaal. Vanjaar doen ons dit weer, en ontvang ons die trofee van die NWU 16-reeks as die beste netbalskool.

Op Vrydag, 12 April, het vyf van ons netbalspanne aan die finaal van die NWU 16-reeks deelgeneem waarvan vier spanne hul wedstryde gewen het. Twee van dié spanne het ook as die wenners van die NWU 16-reeks uitgetree. Vier van ons spelers, uit vyf spanne, is tydens die finaal aangewys as Speler van die wedstryd.

Die tellings van die finaal is soos volg:
• 0/14 wen Stoffberg 18 - 11 en eindig 1ste in die reeks! Liesl Pio is aangewys as Speler van die wedstryd.
• 0/15 verloor 20 - 15 teen Piet Retief. Dehandrie Thoms is aangewys as Speler van die wedstryd.
• 0/16 wen Piet Retief 28 - 18 en eindig 1ste in die reeks! Nicola van der Merwe is Speler van die wedstryd.
• 1stes wen Stoffberg 31 - 19 en eindig 5de in die reeks.
• 2des wen Pretoria Noord 21 - 9 en eindig 7de in die reeks. Wjanik Beneke is Speler van die wedstryd.

Ons is baie trots op ons netbaldogters en – afrigters. Ons wens hulle alles van die beste toe vir die liga waarmee hul reeds besig is. Mag die groot wen tellings aanhou instroom.

Netbal NWU 16 Beste Netbalskool