Riebeeckranders deel van D2-span en Gauteng oefengroep

Ons netbaldogters is vanjaar weer vuur en vlam op die netbalbane. Dié dogters presteer uitmuntend in hul spanne, asook individueel. Riebeeckrand het vanjaar 8 netbalspanne. Die 1ste-netbalspan het Overvaal met ‘n telling van 22-21 in die NWU 16-reeks gewen en ook vir Bekker met ‘n puik telling van 47 - 9. Die netbalspanne het op 4 April hul eerste ligawedstryd gespeel waartydens die 1stes Glenvista 38 – 2 gewen het.

Die 1ste-netbalspan het tydens die skoolvakansie na Mosselbaai getoer en aan die AJ Sportweek deelgeneem waar hulle 6de uit 23 skole geëindig het. 5 Riebeeckranders, Melouise Mulder, Criske Hechter, Sharne Landman, Devonique Breedt en Elizma Pio, is uit 230 spelers gekies om na Malasië en Singapoer te toer. 2 dogters, Melouise Mulder en Criske Hechter, is ook verkies tot die Toernooi span.

Jaar na jaar spog ons met ‘n klomp netbaldogters wat in die D2-span en Gauteng oefengroep opgeneem is. Vanjaar spog ons weer breëbors met 6 dogters wat in die D2-span opgeneem is en 3 dogters in die Gauteng oefengroep.

Die dogters wat in die D2-span opgeneem is, is: Dehandri Thoms (0/15), Devonique Breedt (0/16), Nicola van der Merwe (0/16), Melouise Mulder (0/19), Danielle Olivier (0/19) en Mantiki Makayi (0/19). En die 3 dogters wat verder deurgedring het en in die Gauteng oefengroep opgeneem is, is: Devonique Breedt (0/16), Nicola van der Merwe (0/16) en Melouise Mulder (0/19).

Gautengoefengroep 2019

Devonique, Nicola en Melouise (Gauteng oefngroep).