Riebeeckrand se rugby is vuur en vlam Rugby en Mapogo

Riebeeckrand se rugbyseisoen is reeds aan die gang. Vanjaar kompeteer ons in die NWU-16 sportreeks en vaar tot dusver uitstekend. Die 1ste-rugbyspan het reeds drie wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen het. Hul oorwinning teen Overvaal en Bekker was beide met ‘n telling van 26 – 12 en hul wedstryd teen Leeuwenhof het hulle net-net verloor.

Die seuns sien daarna uit om die reeks te hervat na die Maart skoolvakansie, maar vir eers is die senior rugbyspanne in Mosselbaai vir hul rugbytoer. Tydens die toer skerp hulle hul tegnieke vir die res van die seisoen op. Die seuns keer op 21 Maart weer terug. Riebeeckrand wens hulle ‘n wonderlike toer toe en glo dat hul reeds hope herinneringe gemaak het.

Riebeeckrand is dankbaar vir al die ondersteuning van hul lojale rugbyborge van 2019. ‘n Spesiale dankie word uitgereik aan ons borge, Mapogo A Mathamaga Randfontein, Dura Trailers en Lensley Boerdery.