Mnr. & Mej. Riebeeckrand 2019

Op 31 Augustus 2018 is Mnr. & Mej. Riebeeckrand 2019 gekroon. Die spoggeleentheid het in ons skoolsaal plaasgevind met die tema “Enchanted Forest”.

Die junior dogters, senior dogters en seuns het elkeen die geleenheid gekry om twee keer op die loopplank te paradeer. Eerstens het al die deelnemers hul verskyning gemaak in hul informele drag, wat die tema uitgebeeld het. Daarna het hulle in formele drag verskyn. Die seuns en dogters was almal uitgevat en reg vir die spoggerige geleentheid

Die bekende Afrikaanse sanger, Deon Groot, het die gehoor vermaak en ‘n gesellige atmosfeer geskep wat die gehoor terdeë geniet het. Die beoordelaars was beïndruk deur al die deelnemers wat sprokies mooi gelyk het. Dit was wel nie ‘n maklike keuse vir die beoordelaars om die wenners te kies nie. Twee bekendes, Derick Hougaard en Nádine was deel van dié beoordelaarpaneel. Dit was voorwaar vir ons ‘n voorreg om so ‘n bekwame paneel beoordelaars by Mnr. & Mej. Riebeeckrand te kon hê.

Ons deel met trots wie die wenners tydens dié spoggeleentheid was. Mej. Riebeeckrand Senior is Tyllin Barnard, 1ste prinses Senior Mckayla Faurie en 2de prinses Senior Amoné Erasmus. Mej. Riebeeckrand Junior is Christelle Vosloo, 1ste prinses Junior Mari de Beer en 2de prinses Devonique Breedt. Mnr. Riebeeckrand is Collin da Corte en 1ste prins JP Bouwer.

Mej. Persoonlikheid senior is Amoné Erasmus, Mej. Persoonlikheid junior Megan Engelbrecht en Mnr. Persoonlikheid Collin da Corte. Mej. Fotogenies senior is Zené Geldenhuys, Mej. Fotogenies junior Jannike Fourie, Mnr. Fotogenies Victor Basson en Collin da Corte en Mej. Debutante is Simoné van den Berg.

Mnr. Mej. RR Junior 2018  Mnr. Mej. RR Senior 2018  Mnr. Mej. RR Seuns 2018