Riebeeckrand se eie Protea skuts Protea boogskietspan 2018

Ons spog met drie leerders, Megan Robins, Francois Martins en Jacques de la Rouviere, wat in die 0/21 Junior Protea boogskietspan opgeneem is.

Die Proteaspan se lede is gekies op grond van hul drie beste tellings gedurende 2017 asook hul tellings wat hul tydens die nasionale en provinsiale kampioenskappe bereik het. Die drie Riebeeckranders se tellings was van die bestes en spog hul nou met ‘n plek in die 0/21 Junior Proteaspan.

Hulle sien met groot opgewondenheid uit na die Afrika Kampioenskappe wat einde April in Springs plaasvind en die Wêreldkampioenskappe wat in Juliemaand in Kanada plaasvind.

Ons is trots op die drie leerders en is saam met hulle opgewonde.