8 Riebeeckranders deel van Gauteng oefengroep

Hoërskool Riebeeckrand se netbal vaar vanjaar weereens uitstekend. Ons doel is om te wen en ons is vasberade om ons doel tydens elke wedstryd te bereik. Riebeeckrand se netbaldogters vaar ook individueel uitstekend. 11 Riebeeckrand-netbaldogters is in die D2-netbalspan opgeneem.

Dié 11 dogters het op 21 Maart aan die Gauteng proewe deelgeneem. Met groot trots deel Riebeeckrand die nuus dat 8 dogters in die Gauteng oefengroep opgeneem is. Die dogters is: Devonique Breedt (0/15), Megan Engelbrecht (0/15), Nicola v.d. Merwe (0/15), Elisma Pio (0/16), Melouise Mulder (0/17), Eztia Saunders (0/16), Danielle Malan (0/18) en Surika Pretorius (0/18).

Ons is baie trots op elke dogter wat aan die proewe deelgeneem het en deel saam in die vreugde van die 8 dogters wat span gehaal het. Die dogters word ook sterkte toegewens met die finale proewe wat op 6 April plaasvind.

Gautengoefengroep 2018 netbal